Die verlore Boerseun van Mumbai se krotte - Vrye Weekblad
Dis die begin van nog 'n dag in Mumbai vir Victor van Niekerk. Noodkreet uit Mumbai Vrye Weekblad in sy nuwe gedaante was nog 'n fetus toe ek 'n noodkreet uit Mumbai kry. Help my, asseblief. Ek is vasgekeer en kan nêrens heen gaan nie. Ek het niks geld nie. Ek het niemand nie. Ek kan doodgaan en niemand sal dit weet nie.